Deur : Skriba / February 2nd, 2018
AFKONDIGINGS
KREATIEWE DIENS
Die kreatiewe diens is besig om beplanning vir 2018 te doen .Ons versoek dat indien u enige artikels het wat u nie gebruik in die huis nie, dit vir ons kan kom afgee by die kerkkantoor. Ons soek artikels soos:
Kerskandelare, serviette, bruikbare kerse, tafeldoeke ens. Indien verdere navrae kan u gerus vir Mariska skakel by die kerkkantoor.
JEUG
Die graad 4-7 kamp: 9-11 Februarie vind plaas te Bergkroon (oppad na Bainskloof)
Kostes: R400
Belydeniskamp: 16-18 Februarie te Langebaan: Vir enige navrae kan u vir Ds Jan Grobbelaar kontak: 021 872 2347 / 084 585 3531
Pa & Kind Kamp: 23-25 Februarie te Jamaka in die Cederberge.
Kostes: R50 per kop. Navrae kan gedoen word by Wouter Viljoen by (0828027209)
#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp
#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleetheid 6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.
Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600
Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.
Kinderbediening
Daar is geen KIX, Tekkies en #’s Woensdag 7 Februarie nie. Kom kuier die aand 19:00 saam by die Week van Vernuwing.
Gr.4-7 Kategese Kamp 9-11 Februarie 2018
Daar is nog ‘n paar dae oor om in te skryf vir die Gr.4-7 kamp. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, by Annelet (anneletslazus@gmail.com) of op Facebook.
Geen Gr.4-7 Kategese op 11 Februarie 2018
A.g.v. die Gr.4-7 kamp op die naweek van 9-11 Februarie, is daar geen kategese daardie Sondag nie.
Hulpers by Midweek Kinderbediening
KIX,Tekkies en #’s is Woensdae weekliks volstoom aan die gang. Die Gr.1-3 groep kom 16:00-17:00 bymekaar en die Gr.4-7 groep vanaf 17:30-18:30. Ons kort ‘n paar hande wat om die beurt elke derde week te help om hierdie groepe aan te bied. Indien jy belangstel, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161 of anneletslazus@gmail.com
WEEK VAN VERNUWING VIR VOLWASSENES
4-7 Februarie : Die dienste sal gelei word deur prof Marius Nel van die Kweekskool Stellenbosch.
TEMAS
4 Februarie 2018: Sondagoggend – Handgemaak deur God
4 Februarie 2018: Sondagaand – Handgemaak vir ‘n tyd soos nou
5 Februarie 2018: Maandag – Handgemaak vir liefde
6 Februarie 2018: Dinsdag – Handgemaak vir wysheid
7 Februarie 2018: Woensdag – Handgemaak vir diens
In die aande is daar ook ‘n reeks vir laerskoolkinders wat deur Annelet Slazus aangebied sal word.
Week van vernuwing Kinderreeks
Saam met die week van vernuwing reeks in die kerk 4-7 Februarie, is daar ‘n kinderreeks in die Sentrum. Alle Laerskool kinders is baie welkom om saam te kom kuier en Hoërskool tieners word benodig as hulpaanbieders.
Getuienisnaweek 17-18 Februarie 2018
Tema: “Die belang van verhoudinge oor grense heen vir ons diens en getuienis in die wêreld”
In aansluiting by ons gemeente se visie: Om mense aan mekaar te bind
Deur …
gasvryheid,
warme interaksie,
onderlinge versorging en hulp
Bou vriendskappe oor grense heen
Ons wil almal aanmoedig om baie doelbewus vriendskappe oor grense te ontwikkel ter
wille van ons getuienis en diens in die wêreld. Sodanige vriendskappe open nuwe
geleenthede en ondersteuning om lig en sout in die wêreld te wees.
Die visete Saterdagaand bied ’n baie goeie geleentheid om ’n “onbekende” uit te nooi vir
die ete en so die moontlikheid vir ’n nuwe verhouding oor grense heen te open.
Sondag 4 Maart word u verder bekendgestel aan enkele opsies om verhoudinge oor grense
heen te bevorder.
Saterdagaand: “Fish Platter” :
Kom geniet ’n heerlike visdis met jou vriende Saterdagaand om 1900.
Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor.
Nooi ’n onbekende as gas om die ete saam te kom geniet en bou so vriendskappe oor
grense heen: nuwelinge in die straat; ouers van maats van kinders; kollegas by die werk;
lidmate van ander kerke ens.
Sondagoggenderediens
Kom deel in die erediens onder leiding van Dr. Braam Hanekom oor die tema: Verhoudinge
oor grense heen en ons getuienis.
Verslag oor die Geloofsoffer en geleenthede om daarby betrokke te wees
Hoor meer van diegene wat ons gemeente deur die geloofsoffer ondersteun.
Sondagaanderediens
Kom deel in die paneelbespreking onder leiding van Dr. Braam Hanekom oor die tema: “
Die belang en funksionering van gemeenskapsforums vir ons publieke getuienis in die wêreld.”
Dr. Lewelyn MacMaster en Ds. Stephen Pedro van die VGK sal ook deel wees van die paneel.
Wees saam met ander lidmate van Wellington-Oos gasheer vir leiers en lidmate van ander
gemeentes in Wellington
Nooi ’n “vreemdeling” na die paneelbespreking en bou so aan verhoudinge oor grense heen.