Deur : Skriba / April 13th, 2018
ALGEMEEN
WIT OLIFANTTAFEL
Ons beplan om hierdie jaar ‘n massiewe wit olifanttafel te skep. Indien u enige artikels
het wat in u pad staan of lê kan u dit vir ons kom afgee by die kerkkantoor. Ons soek
enige iets van ‘ koppies, pierings, messe, vurke, borde, meubels enige grootte,
elektriese ware, beddegoed, ornamentjies en selfs ou boeke. Enige iets is welkom.
Indien u enige navrae het kan u vir Mariska skakel by (021-8732690 / 083 235 1248)
Ons waardeer u ondersteuning.
GROEP 7- BASAAR
Hiermee versoek ons dat indien u enige ou speelgoed het wat in u pad is of selfs sportgoedjies soos hokkiestokke, krieketkolwe, tennisrakette ens. u dit by die kerkkantoor sal afgee. Ons soek ook tuisgemaakte of gekoopte lekkers vir die lekkergoed tafel. Indien u ons kan help sal ons verskriklik dankbaar wees. Enige donasies is welkom. Vir enige
navrae kan u vir Dina Van Niekerk skakel by: 083 584 4554
Makhathini-uitreik:
Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instand-
houdingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.