Deur : Skriba / August 10th, 2018
DIE LIG
Meer oor LiG se September-uitgawe:
Hoe groei ‘n mens geestelik? Stephan Joubert gee drie waarhede in
LiG se September-uitgawe wat gelowiges help. En kundiges gee wenke oor hoe om jou kind geestelik te help groei. Lees ook die
inspirasie-stories van ‘n Lupus-lyer wat eers kwaad was vir God, maar nou vir Hom getuig en ‘n ma van ‘n drieling wat vrou-alleen boer. Ons gee raad as jy voel dat jy en jou huweliksmaat mekaar ontgroei het. En hoe gebare jou kind se ontwikkeling kan help. Pierre van Pletzen en Sandra Vaughn vertel in hierdie uitgawe dat God hulle anker is. Jo Black vertel ook van sy skip wat ingekom het, en Ivan Botha neem ons agter die kamera van sy nuwe fliek, Stroomop.
VBO11 Egskeidingsherstel-kursus– Opleidingsgeleentheid
- Werk jy met mense wat deur die seer van ‘n egskeiding moet gaan, of gegaan het?
- Of wil jy ‘n groep vir geskeides in jou gemeente begin?
- Hier is net die kursus vir jou:
Die volgende temas word hanteer:
DAG 1: Teologiese besinning: Die etiese hantering van egskeiding
DAG 2: Saam leer: ʼn Oorsig oor die Formaat en Inkleding van ʼn Egskeidingsherstel Werkswinkel in jou gemeente
DAG 3: Saam dink: Die strukturering en uitbou van ʼn Enkelbediening in jou gemeente
Aanbieder: Guillaume Smit
Datum: 21 – 23 Aug 2018
Plek: Communitas, Stellenbosch
Navrae
Kontak gerus die kursusleier, dr Guillaume Smit: ghsmit@telkomsa.net of 083 306 1561
Om in te skryf, vul die inskrywingsvorm wat aangeheg is, in en stuur saam met jou betaalbewys aan ons terug. Vóór 15 Augustus!
UITNODIGING NA GESPREK MET THEUNS ELOFF:
Dr Braam Hanekom nooi predikante en lidmate na ‘n gespreksontbyt by Stellenberg op 22 Augustus (8:30 – 11:00) met Theuns Eloff oor die toekomstige rol van wit Suid – Afrikaners. Meer inligting by kerkkantoor. Antwoord asb voor 14 Augustus met
kerkkantoor of predikante.