Auto Draft

Deur : Skriba  /  July 28th, 2017

ALGEMEEN

WILDSFEES
WELLINGTON WILDSFEES 2017: Na’n uiters geslaagde Jagkompetisie en Snoekfees vind die derde been van ons verhouding met Middelburg op 25 en 26 Augustus 2017 hier plaas. Wildsvleisverkope begin Vrydag om 14:00 – 21:00; die TENT,STALLETJIES en VERMAAK vir kinders skep ‘n feestelikheid. Reël met Roné Sills vir ‘n stalletjie(062 053 3114). Saterdagoggend begin ons 8:30 met Ontbyt ; gaan voort met WINTER VROLIKHEID van kuier en leer tot 14:00; sluit af met ‘n STEAK ETE Saterdagaand.Kom raak betrokke: (1)Huisves van ons gaste uit Middelburg (2) Bied hulp aan Woekergroepe (3) Bring u vriende van vêr – DIS FEES IN WELLINGTON!!!!!!
NAVRAE KAN GEDOEN WORD BY – TINUS BROODRYK (082 920 22900) & DANIE THEART(084 517 2610)

BUSSIE PROJEK
Skaapstertjies – R65 per pakkie , Skilpadjies – R50 per pakkie, Wilds-patti’s – R45 per pakkie, Gerookte snoek porsies – R30 per porsie ,Skoongemaakte droë bokkoms – R20 per porsie by die kerkkantoor te koop, ten bate van bussie projek. Skakel Tinus Broodryk (tel no 082 920 2290) vir verkope na ure.
FONDSINSAMELING VIR BASAAR

Woeker/insameling Wyk 13
Ons verkoop gevriesde snoek @ R90 per snoek
Indien u wil bestel sms u: Naam, van en bestelling deur aan (084 809 0040)
Beperkte Hoeveelheid! Bestelling kan Vrydag 4 Augustus tussen 18:00 tot 19:00 afgehaal word by die Sentrum. Slegs Kontant. Dankie

BASAAR 28 OKTOBER
Vul asseblief u naam in by die tafel waar u wil help.U kan by enige tafel volgens u keuse help of bydra.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Getuienis wil vanjaar vroegtydig begin om vir elke gevangene in die gevangenisse van die omgewing, ‘n kerskaartjie gee wat hul oor Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur. Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv. ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier. Indien u dalk iets soek om die kinders in die koue winter vakansie tuis besig te hou of saans voor die kaggelvuur ‘n tydjie kan afknyp om ‘n Kerskaartjie of meer te maak om ons daarmee te help, sal ons dit baie waardeer. Ons kon verlede jaar 1000+ kaartjies vir hulle gee. Ons wil ook asb vra dat u, indien dit moontlik is, ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.

VROEË KIND ONTWIKKELING
Ons benodig die volgende: Speelgoed, leesboeke, tydskrifte (oor babas vir swanger mamma’s en vir uitknip deur kleuters) en papiere vir kleuters om op te skryf.

BASAAR TOMBOLA TAFEL
Indien u enige bruikbare speelgoed het wat nie meer `n plekkie in die huis het nie, kan u dit gerus by die kerkkantoor afgee vir ons tombola tafel tydens die basaar.

In die Nuus