Auto Draft

Deur : Skriba  /  August 28th, 2017

ALGEMEEN

FIETSTOER: (29 Sept—01 Okt)

Vanjaar ry ons van Rawsonville na Robertson. Inskrywings vorms beskikbaar by
Kerkkantoor. Kom deel in ons pret vir ’n goeie doel.

BASAAR 28 OKTOBER
Ons het die jaar ‘n nuwe projek vir die basaar. Ons vra vir ieder en elk om te deel in ons projek. Knip vir ons vlaggies uit op ou stukkies lap en kom lewer dit af by die kerkkantoor. Ons gaan ons basaar bietjie opvrolik die jaar. Dankie aan almal wat so fluks en ywerig is.

JEUG

UITREIK SONDAG

Is jy reg vir Uitreik Sondag?Die gr 4-11 jeuggroepe ontmoet direk na die erediens ,voor die sentrum, waarvandaan ons die strate van Wellington gaan invaar om vullis op te tel as deel van ons roeping om na God se aarde om te sien. Almal, jonk en oud is welkom om by ons aan te sluit! Handskoene en swartsakke sal voorsien word.

TIENERKAMP
Ons gaan see toe!!! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusrivier en Durbanville Moedergemeente.Die kamp fokus op die tema: Passion & Purpose! Die kostes beloop R350 p.p vervoer ingesluit. Merk solank die datum. Die inskrywingsvorms en verdere reëlings sal binnekort beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za

KINDERDANKFEES

17 September sluit ons die kwartaal af met ‘n Jeugdiens. Dit is ook ’n spesiale diens waar die Jeug ’n dankoffer kan bring. Daar sal “kinderdankfees koevertjies” beskikbaar wees by die deure, die kerkkantoor en by Annelet Slazus. Ouers: Moedig asb jou kind (ers) aan om ook hieroor na te dink, te bid en iets uit hul eie sakgeld of spaargeld te gee uit dankbaarheid.

In die Nuus