Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 4th, 2017

ALGEMEEN

FIETSTOER: (29 Sept—01 Okt)

Vanjaar ry ons van Rawsonville na Robertson. Inskrywings vorms beskikbaar by
Kerkkantoor.Ons trap die ten bate van ’n welsynsorganisasie Die hele gesin kan kom trap!!!

BASAAR 28 OKTOBER
Ons het al die mooiste en vrolikste vlaggies ontvang. Ons kort nog sommer baie vlaggies, so julle kan nogsteeds vir ons vlaggies bring. Elke vlaggie vertel ’n storie en ons wil graag ons kerk met daai stories vervraai.

JEUG
Movie Night!!!!
Is jy Gr.RR-Gr.7? Kom fliek saam met ons Vrydag 15 September 18:00-20:30 in die Sentrum. Dit kos R40 en jy kry pizza, koeldrank en popcorn. (En die ouers kry natuurlik ‘n paar ure se babysitting en geleentheid daardie fliek te kyk wat julle al lankal wou.) Bespreek jou plekkie teen Donderdag 14 September 17:00.

Senior en Junior Burger
Lentetee 20 September
Die Kix-groep (Gr.1-3) nooi al die ooms en tannies  om Woensdag 20 September om 16:00 saam met KIX Lentetee te kom hou. Dit vind plaas in die sentrum. 
UITREIK SONDAG

Is jy reg vir Uitreik Sondag?Die gr 4-11 jeuggroepe ontmoet direk na die erediens ,voor die sentrum, waarvandaan ons die strate van Wellington gaan invaar om vullis op te tel as deel van ons roeping om na God se aarde om te sien. Almal, jonk en oud is welkom om by ons aan te sluit! Handskoene en swartsakke sal voorsien word.

TIENERKAMP
Ons gaan see toe!!! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusrivier en Durbanville Moedergemeente.Die kamp fokus op die tema: Passion & Purpose! Die kostes beloop R350 p.p vervoer ingesluit. Merk solank die datum. Die inskrywingsvorms en verdere reëlings sal binnekort beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za

KINDERDANKFEES

17 September sluit ons die kwartaal af met ‘n Jeugdiens. Dit is ook ’n spesiale diens waar die Jeug ’n dankoffer kan bring. Daar sal “kinderdankfees koevertjies” beskikbaar wees by die deure, die kerkkantoor en by Annelet Slazus. Ouers: Moedig asb jou kind (ers) aan om ook hieroor na te dink, te bid en iets uit hul eie sakgeld of spaargeld te gee uit dankbaarheid.

In die Nuus