Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 8th, 2017

ALGEMEEN

FIETSTOER: (29 Sept—01 Okt)

Vanjaar ry ons van Rawsonville na Robertson. Inskrywings vorms beskikbaar by
Kerkkantoor.Ons trap ten bate van kinders wat geraak word deur finansïele druk vanaf hul ouers.

BASAAR 28 OKTOBER
Dankie vir almal se vlaggies!!! Ons waardeer elke vlaggie wat inkom. Julle kan nogsteeds vlaggies bring. Ons sal nooit genoeg hê nie. Ons het nog “templates” in die kerkkantoor indien jul nog soek.

JEUG

Fliek Aand: Dis tyd vir Fliek Aand!!!! Is jy Gr.RR-Gr.7? Kom fliek saam met ons Vrydag 15 September 18:00-20:30 in die Sentrum. Dit kos R40 en jy kry pizza, koeldrank en popcorn. (En die ouers kry natuurlik ‘n paar ure se babysitting en die geleentheid om daardie fliek te kyk wat julle al lankal wou.) Bespreek jou plekkie teen Donderdag 14 September 17:00 by Annelet 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

Senior en Junior Burger Lentetee 20 September: Die Kix-groep (Gr.1-3) nooi al die ooms en tannies  om Woensdag 20 September om 16:00 saam met KIX Lentetee te kom hou. Dit vind plaas in die sentrum. Laat weet asb. of jy dit kan bywoon by Annelet 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za.

Tienerkamp: Ons gaan see toe! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusriver en Durbanville Moedergemeente. Die kamp gaan fokus op die tema: Passion&Purpose! Die kostes beloop R350 p.p., vervoer uitgesluit. Merk solank die datums! Die inskrywingsvorms en verdere reëlings sal binnekort beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Indien jy wil saam gaan as groepleier of help met kosmaak, kontak gerus ook vir Annelet.

Kinderdankfees: Volgende Sondag,17 September sluit ons die kwartaal af met ‘n Jeugdiens. Dit is ook ‘n spesiale diens waar die Jeug ‘n dankoffer kan bring. Daar sal “kinderdankfees-koevertjies” beskikbaar wees by die deure, die kerkkantoor en by Annelet. Ouers: Moedig asb. jou kind(ers) aan om ook hieroor na te dink, te bid en iets uit hul eie sakgeld of spaar

In die Nuus