Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 15th, 2017

ALGEMEEN

FIETSTOER: (29 Sept—01 Okt)

Vanjaar ry ons weereens’n pragtige roete!!! Ons roete is as volg: vanaf Slanghoek na Rawsonville, vanaf Rawsonville na Worcester, vanaf Worcester na Bonnievale. Inskrywings vorms beskikbaar by
Kerkkantoor. Ons trap die jaar ten bate van kinders wat geraak word deur finansiële druk vanaf hul ouers. Dit is vir ‘n baie goeie doel. Vra al jou vriende/vriendinne om te kom trap vir ’n baie goeie doel en natuurlik te deel in die pret.

JEUG
Senior en Junior Burger Lentetee 20 September:

Die Kix-groep (Gr.1-3) nooi al die ooms en tannies  om Woensdag 20 September om 16:00 saam met KIX Lentetee te kom hou. Dit vind plaas in die sentrum. Laat weet asb. of jy dit kan bywoon by Annelet 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

TIENERKAMP
Ons gaan see toe!!! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusrivier en Durbanville Moedergemeente.Die kamp fokus op die tema: Passion & Purpose! Die kostes beloop R350 p.p vervoer ingesluit. Merk solank die datum. Die inskrywingsvorms en verdere reëlings sal binnekort beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za

In die Nuus