Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 26th, 2017

ALGEMEEN

FIETSTOER: (29 Sept—01 Okt)

Daar is nog plek oop vir die fietstoer. Ons roete is as volg: vanaf Slanghoek na Rawsonville, vanaf Rawsonville na Worcester, vanaf Worcester na Bonnievale. Inskrywings vorms beskikbaar by
Kerkkantoor. Ons trap die jaar ten bate van kinders wat geraak word deur finansiële druk vanaf hul ouers. Dit is vir ‘n baie goeie doel. Vra al jou vriende/vriendinne om te kom trap vir ’n baie goeie doel en natuurlik, te deel in die pret.

JEUG

Gr.8-12 Tienerkamp

Ons gaan see toe! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusriver en Durbanville Moedergemeente. Die kamp gaan fokus op die tema: 
Passion&Purpose! Die kostes beloop R350 p.p., vervoer uitgesluit. Kry sommer vandag nog jou inskrywingsvorm. Die inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of Whatsapp vir Annelet. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Jy is welkom om al jou vriende ook saam te nooi.

Gr.1-3 Naweek: Merk solank die datums!

Oorslaap: 20-21 Oktober
Kan ons jou Superman, Batman, Ironman, Spiderman wees? Ons gaan die wereld vir Jesus aanvat, want ons kan almal hero’s wees! Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, of volg die instruksies op Facebook om ‘n elektroniese inskrywingsvorm te kry. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Maatjies is welkom om saam te kom!

Gr.R-3 Ouers Sondag 22 Oktober
Ons nooi al die ouers om Sondagoggend 22 Oktober saam met hulle kinders kinderkerk toe te kom. Ons gaan ‘n saam gesels sessie hou oor hoe doen ons huisgeloof.

Senior en Junior Burger Lentetee & Tekkies en Kerkraad-kuier
Verlede Woensdag het die KIX, Tekkies en # groepe heerlike kuiers gehad saam met van die ouer lidmate van ons gemeente. Gaan loer gerus na van die foto’s op die jeug se Facebook blad: facebook.com/wellingtonoosjeug

In die Nuus