Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 29th, 2017

ALGEMEEN
Chill kamp te hartenbos (2-3 Desember)
Dit gaan ‘n ongelooflike lekker kamp wees. As hy lus is vir ‘n bietjie “chill” is dit net die kamp vir jou!! Die koste is R550. Enige een wat belangstel kan die kerkkantoor of vir Ds NJ Van As skakel.

JEUG
Gr.8-12 Tienerkamp
Ons gaan see toe! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusriver en Durbanville Moedergemeente. Die kamp gaan fokus op die tema: 
Passion&Purpose! Die kostes beloop R350 p.p., vervoer uitgesluit. Kry sommer vandag nog jou inskrywingsvorm. Die inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of Whatsapp vir Annelet. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Jy is welkom om al jou vriende ook saam te nooi.
Gr.1-3 Naweek: Merk solank die datums!
Oorslaap: 20-21 Oktober
Kan ons jou Superman, Batman, Ironman, Spiderman wees? Ons gaan die wereld vir Jesus aanvat, want ons kan almal hero’s wees! Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, of volg die instruksies op Facebook om ‘n elektroniese inskrywingsvorm te kry. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Maatjies is welkom om saam te kom!
Gr.R-3 Ouers Sondag 22 Oktober
Ons nooi al die ouers om Sondagoggend 22 Oktober saam met hulle kinders kinderkerk toe te kom. Ons gaan ‘n saam gesels sessie hou oor hoe doen ons huisgeloof.

Senior en Junior Burger Lentetee & Tekkies en Kerkraad-kuier
Verlede Woensdag het die KIX, Tekkies en # groepe heerlike kuiers gehad saam met van die ouer lidmate van ons gemeente. Gaan loer gerus na van die foto’s op die jeug se Facebook blad: facebook.com/wellingtonoosjeug

In die Nuus