Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 6th, 2017

Chill kamp te hartenbos (2-3 Desember)
Daar is nog plek by die “chillkamp”. Moet dit nie misloop nie. Ideaal vir diegene wat nie later in Desember kan vakansie vat nie!!! Kostes R550. Dit gaan ’n ongelooflike lekker ervaring wees. Vir bespreking kan u die kerkkantoor of vir NJ Van As skakel.

JEUG
Gr.8-12 Tienerkamp
Ons gaan see toe! 13-15 Oktober hou ons ‘n tienerkamp te Kleinmond saam met NGK Hermanus, Onrusriver en Durbanville Moedergemeente. Die kamp gaan fokus op die tema: 
Passion&Purpose! Die kostes beloop R350 p.p., vervoer uitgesluit. Kry sommer vandag nog jou inskrywingsvorm. Die inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of Whatsapp vir Annelet. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Jy is welkom om al jou vriende ook saam te nooi.
Gr.1-3 Naweek: Merk solank die datums!
Oorslaap: 20-21 Oktober
Kan ons jou Superman, Batman, Ironman, Spiderman wees? Ons gaan die wereld vir Jesus aanvat, want ons kan almal hero’s wees! Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, of volg die instruksies op Facebook om ‘n elektroniese inskrywingsvorm te kry. Vir meer inligting kontak vir Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za. Maatjies is welkom om saam te kom!
Gr.R-3 Ouers Sondag 22 Oktober
Ons nooi al die ouers om Sondagoggend 22 Oktober saam met hulle kinders kinderkerk toe te kom. Ons gaan ‘n saam gesels sessie hou oor hoe doen ons huisgeloof.

In die Nuus