Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 23rd, 2017

ALGEMEEN

Chill kamp te Hartenbos (1-3 Desember)

Daar is nog plek by die “chillkamp”. Moet dit nie misloop nie. Ideaal vir diegene wat nie later in Desember kan vakansie vat nie!!! Kostes R550. Dit gaan ’n ongelooflike lekker ervaring wees. Vir bespreking kan u die kerkkantoor of vir NJ Van As skakel.

JEUG

Gr.R-3 Ouers Sondag 22 Oktober

Gr.1-3 Ouer-kind Gesinsbyeenkoms Sondag 22 Oktober

Ons sluit die Gr.1-3 naweek af deur ‘n gesinsbyeenkoms tydens Kinderkerk. Ons nooi alle ouers om saam met hul kind(ers) in die sentrum bymekaar te kom tydens erediens tyd, 09:00-10:00, waar ons gaan gesels oor hoe kan ons as huisgesin maklik en lekker almal saam huisgeloof doen.

Kix, Tekkies en #’s Woensdagmiddae 16:00-17:00

Ons kwartaal tema is Minion vir Jesus. Kom gesels Woensdae saam. Datums en tye vir die midweekbediening is in die jaarkerkkalender.

Spreekkoor by Kerssangdiens

Ons nooi alle Gr.1-3’s om deel te neem aan die gesamentlike Kerssangdiens se spreekkoor. Jy gaan ‘n paar woorde moet leer en paar Vrydagmiddae moet oefen. Laat weet vir Annelet by 082 337 2161 of jy wil deelneem.

MOSLEMBEDIENING

Moslembediening nooi almal, wat ‘n hart  vir Moslems wat verlore gaan het,  en hulle gesinne uit na ons Celebration Ete op 19 November by Drakenstein Kerksaal.  Ons vier die goedheid en getrouheid van die Heer vir ons bediening en as jy op watter manier ook al betrokke is, is jy en jou gesin hartlik welkom.  Wessel en Lome gaan saam met ons kuier.   Bespreek asb plek teen 13 November by Lona Liebenberg 082-3820526 of by Drakenstein Kerkkantoor 021-8728242

 

 

In die Nuus