Auto Draft

Deur : Skriba  /  January 22nd, 2018

WEEK VAN VERNUWING VIR VOLWASSENES

 4-7 Februarie  : Die dienste sal  gelei word deur prof Marius Nel van die Kweekskool Stellenbosch.

n die aande is daar ook ‘n reeks vir laerskoolkinders wat deur  Annelet Slazus aangebied sal word.

TEMAS

4 Februarie 2018:  Sondagoggend – Handgemaak deur God

4 Februarie 2018:  Sondagaand – Handgemaak vir ‘n tyd soos nou

5 Februarie 2018:  Maandag – Handgemaak vir liefde

6 Februarie 2018:  Dinsdag – Handgemaak vir wysheid

7 Februarie 2018:  Woensdag – Handgemaak vir diens

PEUTER EN KLEUTERKERK

Indien jy ‘n liefde vir jong woelwaters het, kontak gerus vir Annelet om betrokke te raak by die Peuterkerk (0-2jaar) en Kleuterkerk(3-5jaar). Ons kort nog ‘npaar vrywilligers om so elke derde week ‘n diensbeurt te neem.

GEBEDSIMFONIE

Wellington Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet weer op Sondag 21 Januarie om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Vars gebedsversoeke van ons verskillende sendelinge sal beskikbaar wees om ons te help om sinvol vir hulle in te tree. Almal baie welkom! Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk, 082 557 9796. Adriaan van Wijk is so pas terug van die Logos Hope in die Karibbiese eilande en sal so iets daaroor met ons deel

KATEGESE EN PREDIKING

Vanaf 11 Maart volg ons die leesroosterteks met die prediking. Die kategeseontmoeting sluit dan aan by die Bybelgedeelte waaroor gepreek is. Ouers en kinders kan dan tuis ook verder gesels oor wat hul tydens die erediens en kategese gehoor het.

KAIROS KURSUS

Ryk van Velden bied weer vanjaar die lewensveranderende Kairos kursus vanaf 30 Januarie vir 9 byeenkomste in Wellington aan. Hierdie kursus gee ’n Bybelse, kulturele en strategiese oorsig hoe God individue en gemeentes inskakel by sy werk in die wêreld, hier plaaslik tot onder alle volke. Deelname aan die kursus is ’n geestelike belegging. Indien jy wil inskryf, kontak R van Velden (0828574368) of die kerkkantoor.

Die graad 4-7 kamp: 9-11 Februarie vind plaas te Bergkroon (oppad na Bainskloof)

Kostes: R400

Belydeniskamp: 16-18 Februarie te Langebaan: Vir enige navrae kan u vir Ds Jan Grobbelaar kontak: 021 872 2347 / 084 585 3531

Pa & Kind Kamp: 23-25 Februarie te Jamaka in die Cederberge.

Kostes: R50 per kop. Navrae kan gedoen word by Wouter Viljoen by (0828027209)

#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp

#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleetheid 6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.

Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600

Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.

 

In die Nuus