Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 12th, 2018

JEUG

Belydeniskamp: 16-18 Februarie te Langebaan: Vir enige navrae kan u vir Ds Jan Grobbelaar kontak: 021 872 2347 / 084 585 3531

 

Pa & Kind Kamp: 23-25 Februarie te Jamaka in die Cederberge.

Kostes: R50 per kop. Navrae kan gedoen word by Wouter Viljoen by (0828027209)

 

#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp

#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleetheid 6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.

Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600

Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.

 

Geen Gr.4-7 Kategese op 11 Februarie 2018

A.g.v. die Gr.4-7 kamp op die naweek van 9-11 Februarie, is daar geen kategese daardie Sondag nie.

Hulp by Midweek Kinderbediening

KIX,Tekkies en #’s is Woensdae weekliks volstoom aan die gang. Die Gr.1-3 groep kom 16:00-17:00 bymekaar en die Gr.4-7 groep vanaf 17:30-18:30. Ons kort ‘n paar hande wat om die beurt elke derde week te help om hierdie groepe aan te bied. Indien jy belangstel, kontak gerus vir Annelet by  082 337 2161 of anneletslazus@gmail.com

******************

Makhathini-uitreik:

Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instandhoudingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir ds Jan.

HAM:

Huis Andrew Murray vier hulle 120ste bestaansjaar. Op Saterdag 24 Februarie 2018 om 08:00 tot 16:00 is daar ‘n verjaarsdagpartydjie op HAM se sportvelde. Ons gemeente is verantwoordelik vir hamburger verkope. As u bereid is om te kom help met die verkope kontak asb vir Suzanne Fabricius (0722443931) of die kerkkantoor.

Biddag vir Verootmoediging:

Ons het Woensdag 14 Februarie om 18:00 ‘n gebedsgeleentheid in die kerkgebou. Dit val saam met die 40 Dae van Hoop. Die 40 Dae van Hoop begin 14 Februarie en eindig 1 April op Paasnaweek. Die kerkklok sal elke dag om 12:00 lui om ons te herrinner om te bid vir die droogte en vas te hou aan die belofte dat God sy hand oor ons hou. Ons nooi elke lidmaat uit (oud en jonk) om op 14 Februarie saam te kom bid.

KINDERHUIS INKOPIE DAG

Die jaarlikse Kinderhuis (Huis Mopane) inkopie dag word gehou op Vrydag 2 Maart. Twaalf kinders word vergesel deur gemeentelede wat hulle bystaan met hulle aankope. Ons fondse is baie beperk en ‘n beroep wprd gedoen op gemeentelede vir ‘n finansiële byddrae om die fondse aan te vul. Indien u ‘n bedrae wil maak kontak asseblief vir

Ansa Oosthuizen by (082 562 3604). Baie dankie.

 

In die Nuus