Auto Draft

Deur : Skriba  /  April 24th, 2018

ALGEMEEN

LIG-TYDSKRIF (MEI UITGAWE)

In die Mei-uitgawe van LiG vertel Elizma Theron hoe sy kies op om God se goedheid te fokus, ná die huisroof wat haar gesin moes deurmaak.

Ons dink aan Hemelvaart, en wys vyf beloftes uit waarom ons daaroor kan fees vier. Ons help jou ook om die Heilige Gees binne jou te ontdek.

Helena Hugo vertel dat haar skryfwerk haar bediening is. En ‘n sportdominee getuig hoe sokker en gehoorsaamheid die evangelie bring.

LiG praat met kenners oor hoe om jou kind te beskerm teen seksuele misbruik. Ons wys jou ook hoe om in jou kind ‘n diensbare hart te kweek. Skakel vir Jeanne Van Niekerk om in te skryf vir die Lig Tydskrif by (021) 864 8252

 

MAKHATINI-UITREIK

Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instand-

houdingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.

 

DEPRESSIE & ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

Op Dinsdagaand 24 April sal dr ST Potgieter ons spreker wees in die Marthazaal om 19:15. Sy onderwerp : Verkeerde besluite, slegte gevolge. Wat doen ek nou?  Ons almal maak foute en neem verkeerde besluite en staan soms sonder woorde vir dit wat gebeur. Doen jouself ‘n guns en kom luister na ‘n spreker wat beslis weet waarvan hy praat.

ST Potgieter is ‘n sielkundige met sy praktyk in Bellville. Hy is ‘n bekende stem oor die radio, skrywer van koerant- en tydskrifartikels sowel as outeur van verskeie boeke. Bring gerus ‘n klompie note saam, hy sal boeke saambring om te verkoop.

Kontak my indien jy meer wil weet. 072 709 8000 / 021 873 4688

 

In die Nuus