Deur : Skriba / April 30th, 2018
ALGEMEEN
VERLOF
Ds Jan is met verlof vanaf 26 April-02 Mei
Ds NJ is met verlof vanaf 01 Mei-04 Mei
GLASVLESSE
Ons is dringend opsoek na 750ml (Mayonnaise) glasvlesse. Indien u dalk het, kan u dit by
die kerkkantoor afgee asseblief.
LIG-TYDSKRIF (MEI UITGAWE)
In die Mei-uitgawe van LiG vertel Elizma Theron hoe sy kies op om God se goedheid te fokus, ná die huisroof wat haar gesin moes deurmaak.Ons dink aan Hemelvaart, en wys vyf beloftes uit waarom ons daaroor kan fees vier. Ons help jou ook om die Heilige Gees binne jou te ontdek.Helena Hugo vertel dat haar skryfwerk haar bediening is. En ‘n sportdominee getuig hoe sokker en gehoorsaamheid die evangelie bring.LiG praat met kenners oor hoe om jou kind te beskerm teen seksuele misbruik. Ons wys jou ook hoe om in jou kind ‘n diensbare hart te kweek. Skakel vir Jeanne Van Niekerk om in te skryf vir die Lig Tydskrif by (021) 864 8252
MAKHATINI-UITREIK
Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instand-
houdingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.
REUNIE FIETSTOER (28-30 SEPTEMBER)
Ons nooi almal wat oor die afgelope 31 jaar saamgery het, vanjaar weer saam te ry. Navrae kan gedoen word by Kobus Oosthuizen (0824922022)en Ds NJ.
JONGVOLWASSENES
Ons jongvolwassenes sal Woensdagaand om 20:00 by Moedergemeente se sentrum plaasvind. Almal is baie welkom. Kom deel die besonderse geleentheid saam met ons.
BEVESTIGING AS LERAAR
Op ‘n spesiale Kerkraadsvergadering, gehou op 10 April 2018, is (prop) Annelet Slazus as predikant van die NG Gemeente Wellington-Oos beroep. Dit is ‘n Vaste Termynpos vir 2 jaar. Sy sal op Sondag 6 Mei bevestig word as leraar.
VERLORE ITEMS
Ons gaan op 13 Mei alle verlore items en items wat nie aan die kerk behoort nie uitstal en u is welkom om na die erediens te kom besigtig of hier enige van u artikels
is wat u dalk vermis. Ons vermis ook ‘n silwer opskep bak van die kerk. Diegene wat dit dalk geleen het moet dit asseblief vir ons net terug besorg. En indien u nog enige artikels het van die kerk moet u dit ook asseblief vir ons so spoedig moontlik terug besorg.
HERFSVREUGDE KOOR
Daar sal op Maandag 14 Mei geen kooroefening wees a.g.v die pinkster week nie. Ons oefen wel op die 7de Mei op gewone tyd.
ZAPPER
Let asseblief daarop dat “Zapper” slegs ‘n addisionele opsie is vir u kollekte bydrae op ‘n
Sondag. U kan nogsteeds u kollekte kontant ingooi soos vantevore.