Deur : Skriba / May 4th, 2018
ALGEMEEN
GLASVLESSE
Ons is dringend opsoek na 750ml (Mayonnaise) glasvlesse. Indien u dalk het, kan u dit by
die kerkkantoor afgee asseblief.
ZAPPER
Let asseblief daarop dat “Zapper” slegs ‘n addisionele opsie is vir u kollekte bydrae op ‘n
Sondag. U kan nogsteeds u kollekte kontant ingooi soos vantevore.
MAKHATINI-UITREIK
Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instand-
houdingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.
JONGVOLWASSENES
Ons jongvolwassenes sal Woensdagaand om 20:00 by Moedergemeente se sentrum plaasvind. Almal is baie welkom. Kom deel die besonderse geleentheid saam met ons.
VERLORE ITEMS
Ons gaan op 13 Mei alle verlore items en items wat nie aan die kerk behoort nie uitstal. U is welkom om na die erediens te kom besigtig of hier enige van u artikels is wat u dalk vermis. Ons vermis ook ‘n silwer opskep bak van die kerk. Diegene wat dit dalk geleen het moet dit asseblief vir ons net terug besorg. En indien u nog enige artikels het van die kerk moet u dit ook asseblief vir ons so spoedig moontlik terug besorg.
HERFSVREUGDE KOOR
Daar sal op Maandag 7 Mei kooroefening wees. Onthou asseblief julle sangboeke. Daar sal wel nie op op die 14de Mei kooroefening wees nie a.g.v die pinkster.
REUNIE FIETSTOER (28-30 SEPTEMBER)
Ons nooi almal wat oor die afgelope 31 jaar saamgery het, vanjaar weer saam te ry. Navrae kan gedoen word by Kobus Oosthuizen (0824922022)en Ds NJ.
GEMEENTEKAMP
Ons gemeentekamp te Kampala verskuif na 7-9 September agv die ringsitting wat op 2 September plaasvind.
VLEISVERKOPE
Ons het nog maalvleis en ‘n klein bietjie sosaties oor. Ons verkoop Woensdag 9 Mei weer vleis vanaf 18:30-19:00. Kom gou voordat u die “bargain” mis. Die maalvleis is net R65/kg en die sosaties is net R60 vir 4 in ‘n pak. Ons waardeer almal se ondersteuning.
JAGKOMPETISIE
Ons verleng die jagkompetisie se kaartjieverkope tot die 11de Mei. Diegene wat nog
graag ‘n kaartjie wil koop kan vir Danie Theart skakel
by 0845172610 / 021 8731275.