Deur : Skriba / May 14th, 2018
ALGEMEEN
NUWE LIDMATE
Ons verwelkom die volgende lidmate in ons Gemeente:
Christiaan & Anette Adlem (Wyk 8)
Pieter Korb ( Verdeau)
Marius & Theresa Wilbers (Richelieu)
Elias & Adrienne Kamfer ( Hertzog)
Jóvan & Elandri Coetzee (Wyk 8)
NUUT VERKOSE KERKRAADSLEDE
Marius Aylward (Wyk – Uitsig Suid) (Ouderling)
Johan Dreyer (Wyk 04) Ouderling)
Jacques Theron (Wyk – 01 Suid) (Ouderling)
Lulaine Dreyer (Wyk – Hertzog) (Ouderling)
Giel Haasbroek (Wyk – 12) (Ouderling)
Sarinda Skinner (Wyk – Bordeax) (Diaken)
PINKSTER BOEKE VERKOPE
Tydens pinkster sal daar ’n boekverkoping in die saal wees na elke diens . Die wins gaan na Radio Kansel.
BREIPROJEKTE
Ons benodig tans wol en mense wat ons kan help brei vir winterprojekte. Indien u sou belangstel kan u vir Suzanne Fabricius kontak by (021) 8641122
LIG TYDSKRIF VIR JUNIE
Temas vir Junie in die Lig tydskrif handel oor die volgende:
Ons gee ook raad as jou geliefde aan Alzheimersiekte ly. En gesels met 60-plussers wat die lewe aangryp en vier!
LiG gesels met kenners en ouers oor huiswerk op laerskool – is dit die moeite werd? Ons gee raad oor hoe om kreatiewe kinders groot te maak (hulle presteer beter!) en sien hoe #imagine jonges laat droom en dien. Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za of gesels saam op Facebook
Maak ’n verskil! ‘n Gedeelte van jou intekengeld gaan aan vroeëkinderontwikkeling.
VROUEKAMP 27-29 JULIE KLEINMOND
Kom tot rus in die gewyde ritmes van Skrif-meditasie, stilte, musiek en kreatief wees, Wees opnuut bewus van God in en rondom jou. Laat Hom opnuut toe om te wees wie Hy vir jou wil wees en geniet Hom soos Hy vir jou. Dit is ‘n stadige reis met God, jouself en mekaar. Kobus Mouton sal die naweek fasiliteer. Verdere inligting sal later deurgegee word.