Deur : Skriba / May 30th, 2018
ALGEMEEN
BREIPROJEK
Ons is opsoek na enige oorskiet wol wat u dalk nie gebruik nie. Ons wil graag musse en handskoentjies brei vir die Makhatini uitreik.Enige iemand is welkom om te brei vir die
projek.
VROUEKAMP 27 -29 JULIE (KLEINMOND)
Kom tot rus in die gewyde ritmes van Skrif-meditasie, stilte, musiek en kreatief wees, Wees opnuut bewus van God in en rondom jou. Laat Hom opnuut toe om te wees wie Hy vir jou wil wees en geniet Hom soos Hy vir jou. Dit is ‘n stadige reis met God, jouself en mekaar. Kobus Mouton sal die naweek fasiliteer. Verdere inligting sal later deurgegee word.
SNOEKBRAAI
Snoekbraai ten bate van Getuienisfonds verskuif van 2 Junie na 4 Augustus 2018.
SNOEKFEES MIDDELBURG
Die bussie vertrek 14 Junie en keer 17 Junie terug. Mense wat wil saamgaan om te help skakel met Danie Theart by 0845172610 / (021) 873 1275. Vervoerkoste R350.
Motorfietsryers skakel asb met Pé Marais by 0787101353
REUNIE FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER
Ons nooi almal wat al die afgelope 31 jaar op ‘n fietstoer was om saam te trap. Ons ry van Wellington na Riebeek Kasteel, na malmesbury en terug. As u foto’s van vorige toere het skakel asb met Kobus Oosthuisen (0824922022) / (021) 864 2565.
DS ANNELET SLAZUS
Benewens haar verantwoordelikheid vir kinder en jeugbediening is sy ook verantwoordelik vir die volgende wyke 7,9, Bordeaux en Uitsig Laer. Skakel gerus met haar. (082 337 2161)
PINKSTERBIDURE
Die pinksterbidure is op skrif / elektronies by die kerkkantoor beskikbaar.
KOFFIE
Daar sal geen koffie tydens aanddienste bedien word op ‘n uitnaweek ni