Deur : Skriba / August 17th, 2018
40 DAE KLEINDGROEPE
Ons wil u aanmoedig om in die 40 dae saam met ander groepe te vorm en die boekie deur
te werk. Vul asb u naam in op die lysie wat beskikbaar is in die voorportaal van die kerk.
Daar sal Woensdae oggende ’n 40 dae besprekingsgroep wees in die konsistorie en ook Woensdagaande 19:00 in die Sentrum waar ons saam na ‘n DVD kyk en in klein groepe saam gesels. U kan op enige stadium inskakel.
40 DAE
Die 40 dae reeks het reeds begin op 5 Augustus en handel oor die rol van die gewone lidmaat. Ons gaan onder andere kyk na die rol wat lidmate soos ‘n dokter, ‘n onderwyser, ‘n vrou en ‘n boer gespeel het. Boekies met dagstukkies, verhale en groepbesprekings is beskikbaar teen R40 en ‘n DVD waarna groepe kan kyk teen R60 en ‘n Leiersgids teen R20 by ons en Moeder se kerkkantoor.
40 Dae Tema : Wat ek kon ,het ek gedoen ( amp van die gelowige)
5 Augustus : Gesalf tot priester, profeet en koning: Joh 12:1-7
12 Augustus : So sê die Here : Heb 1:1-2
19 Augustus: Priester 1 : 1 Pet 2:4-9
26 Augustus : Priester 2: Num 6:22-27
2 September: Koning 1 : Ps 24
9 September : Koning 2 : Mat 13:31-33;44-46