Auto Draft

Deur : Skriba  /  January 28th, 2019

JEUG

 

Jong Volwassene Kleingroep

Kleingroepe is veilige ruimtes waar mens groei, saam gesels oor jou uitdagings en sommer net ‘n tuiste vind saam ou en nuwe vriende. Ons nooi graag alle jong volwassenes om vir Annelet te whatsapp (082 337 2161) as hulle by so ‘n groep wil aansluit. Die tyd en dag wanneer ons bymekaar kom sal nog vasgestel word.

 

HAM Ysskaats Uitstappie 2 Februarie

Ons jaarlikse uitstappie saam met Huis Mopanie is om die draai. Hierdie jaar gaan ons ysskaats en ietsie eet by Grand West Casino. Borg gerus een van die 10 kinders se uitstappie of kom as gesin saam en wees gasgesin vir een van die kinders. Kontak gerus vir Ansa Oosthuizen by 082 562 3604

 

Klere vir Jeug en Omgeebediening verkope

Die Jeug en Omgeebediening span saam om 4 fondsinsamelings te reël deur klere verkope te hou. Met die draai van die jaar en seisoene is dit mos altyd tyd vir reg pak en uitgooi. Bring daardie klere wat vergete lê in die kas gerus kerkkantoor toe vir hierdie projek. Enige goeie, skoon tweedehandse klere is welkom.

 

Gr.4-7 Kategese Kamp 1-3 Maart @ Wemmershoek

Merk solank die datum! Leer solank vooruit! Maak seker dat jy daardie naweek oophou, want jy wil beslis nie die Gr.4-7 kategese kamp mis nie. Kostes beloop R400p/p en ons gaan heerlik saam kuier by Wemmershoek. Inskrywingsvorms is op Facebook of die kerkkantoor beskikbaar. Kontak gerus vir Ds. Annelet vir navrae.

 

Week van Vernuwing vir die Jongklomp 

Terwyl Stephan Joubert saam met die volwassenes kuier vir week van Vernuwing, gaan die jongklomp behoorlik Jesus-Loop in die Sentrum. So bring die hele gesin saam vir hierdie lekker geleentheid. Enige tieners wat as groepleiers wil dien, kan gerus vir Ds Annelet kontak by 082 337 2161

 

HAM Skryfbehoeftes en Toiletware

Ons herinner julle graag dat ons reg deur die jaar skryfbehoeftes en toiletware insamel vir HAM. Gebruik gerus al daardie ekstra Clicks en Smartshopper punte en koop daarmee maandeliks skryfbehoeftes of toiletware vir HAM. Hierdie items kan agter in die kerkgebou geplaas word in die boks wat gemerk is vir skryfbehoeftes en toiletware aan HAM.

 

In die Nuus