Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 8th, 2019

JEUG

PA & KIND KAMP 

Indien u belangstel om te gaan na ons pa en kind kamp te Jemaka, kan u vir Wouter Viljoen skakel by  082 802 7209

Jong Volwassene Kleingroep

Kleingroepe is veilige ruimtes waar mens groei, saam gesels oor jou uitdagings en sommer net ‘n tuiste vind saam met ou en nuwe vriende. Ons nooi graag alle jong volwassenes om vir Annelet te whatsapp (082 337 2161) as hulle by so ‘n groep wil aansluit. Die tyd en dag wanneer ons bymekaar kom sal nog vasgestel word.

Klere vir Jeug en Omgeebediening verkope

Die Jeug en Omgeebediening span saam om 4 fondsinsamelings te reël deur klere verkope te hou. Met die draai van die jaar en seisoene is dit mos altyd tyd vir reg pak en uitgooi. Bring daardie klere wat vergete lê in die kas gerus kerkkantoor toe vir hierdie projek. Enige goeie, skoon tweedehandse klere is welkom.

Gr.4-7 Kategese Kamp 1-3 Maart @ Wemmershoek

Merk solank die datum! Leer solank vooruit! Maak seker dat jy daardie naweek oophou, want jy wil beslis nie die Gr.4-7 kategese kamp mis nie. Kostes beloop R400p/p en ons gaan heerlik saam kuier by Wemmershoek. Inskrywingsvorms is op Facebook of die kerkkantoor beskikbaar. Kontak gerus vir Ds. Annelet vir

navrae.

#Imagine 29-31 Maart Bredasdorp

Kan julle dit voel? Die #imagine brander is op ons, en hierdie jaar gaan ons dit vang met groot gees. 4 Feeste oor Suid-Afrika, 10 000 jong mense met ‘n hart wat Jesus wil volg, is jy ook deel van hierdie groep wat ‘n verskil wil maak in Suid-Afrika? Kom sluit aan by die samekoms van duisende Suid-Afrikaanse tieners vir ‘n naweek van lofprysing, lewensverrykende toerusting, en die opbou van ’n beter Suid-Afrika vir almal!

Enige iemand van enige gemeente is welkom. Kostes is R450 p/p. Dit sluit kos en toegang in. Bring jou tent saam of deel met vriende.

#Imagine is ook nie net ‘n beweging vir jonger mense nie, maar ‘n beweging wat fokus om die hele gemeente in te sluit en saam die pad te laat stap. Vir elke 10 tieners wat gaan, moet daar een groepleier, ouer as 18, saam gaan. Volwassenes kan inskakel as groepsleiers, vrywilligers of omgeespan. Kostes is R450 p/p.

 

In die Nuus