Deur : Skriba  /  April 24th, 2016

Ons is draers van die boodskap van hoop – lees Amos 9:13 “Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees. Ek sal die lot van my volk verander … hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet”. Hoor dat die Here dit ook vir jou sê waar jy ook al mag wees.

Sondag: Verootmoediging: “Here weerhou my tog van alles wat onwaar is. Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeninge met vrymoedigheid aanhaal. Op u gebooie wat ek liefhet, sal ek my hoop vestig. U voorskrifte sal my bybly”. Ps. 119:43

In die Nuus