Deur : Skriba  /  October 20th, 2019

Gebedsbulletin 20 Oktober 2019

Ps 50:15 “ Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” Wat ‘n wonderlike belofte om aan vas te hou in moeilike tye.

Sondag: Verootmoediging: Luk 4:16: Soos Sy (Jesus) se gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. “Here Jesus, dankie dat U vir ons die volmaakte voorbeeld was om self na die sinagoge te gaan. Dankie dat ons ’n kerk het waar ons U kan ontmoet.”

Maandag: Matrieks: Die volgende paar weke is vir al ons matrieks baie belangrik, maar ook stresvol. Daarom bid ons vir hulle vir rustigheid en kalmte. Pred.10:4 se: kalmte voorkom groot foute; ons bid ook vir kalmte vir elke ouer.

Dinsdag: Reën: Jes 21:12 As julle weer kom vra, kom vra gerus, julle kan elke keer weer kom vra. Here dankie dat ons mag aanhou vra, dankie dat onsu mag vertrou vir reën in elke gebied waar dit so nodig is”

Woensdag: Plaasbasaar: Kol 3:23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie. Mag dit die gesindheid wees waarmee ons hierdie week ons laaste take afhandel.

Donderdag: Eensames: Ps 68:7 God laat eensames in ‘n huisgesin woon. Mag ons nooit vergeet om uit te reik na alleen mense nie. Wees Jesus se hande en voete.

Vrydag: Geestelike Leiers: Jer 3:15 Ek sal vir julle herders gee na my hart, en hulle sal julle verstandig en met insig lei. “Vader ons loof U vir die herders / leraars waarmee U ons geseën het. Seën hulle Here en maak hulle altyd bewus van U liefde.”

Saterdag: Lofprysing: 1 Kron 16:23 Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddingsdade! “Here, ons bring al ons lof en eer aan U. Dankie dat ons ’n God het wat elke dag met ons bemoeienis maak. Ons loof U daarvoor!

 

 

 

In die Nuus