ARBEIDSONRUS

Deur : Skriba  /  March 6th, 2012

Duisende werkers staak by Impalaplats en verliese aan beide kante beloop duisende miljoene.  Intussen dreig Cosatu ook om ‘n landwye staking uit te roep oor tolgelde.  “Al kos vrede wat, dis nog altyd goedkoper as oorlog” sê die filosoof.  Kom ons bid vir egte vrede in die arbeidsmark, want die stakings en stryd van vakbonde kos te veel.  “Liewer ‘n stukkie droë brood met vrede daarby, as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.”  Spr 17:1

In die Nuus