Armoede en Sorg
Deur : Skriba / May 20th, 2015
Ons hoor van nood, die “noodkas is redelik leeg”, langs die kerk slaap ’n laspos en die haweloses moet werk vir kos – ons weet nie altyd hoe om die dinge te hanteer nie – net die Here weet hoe sy Naam in elke omstandigheid geeër sal word. Ons bid vir die wysheid en onder- skeiding sodat ons met oorgawe sy hande en voete kan wees. “Is die vas wat Ek wil hê …dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en dakloses ’n blyplek gee nie…” Jes 58:7