BEDIENING ARMOEDE EN SORG
Deur : Skriba / March 19th, 2012
Terwyl ons skryf is die Konferensie van Armoede in Bellville met uitgelese sprekers aan die gang. Dit is een van die prioriteite van die Sinode vir 2012. Ons bid vir wysheid en insig vir die sprekers en die fasiliteerders sodat die Kerk van Christus saam met ander in vennootskap ‘n verskil kan maak. “Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.” Spr 19:17