BELYDENIS EN DANKSEGGING
Deur : Skriba / September 8th, 2014
Dit was ‘n belewenis om in die gebedskamer (Marthasaal) van hokkie tot hokkie te stap met die ervaring: “Die Here luister.” Bely u sondes voor die Here, vergewe die wat u te na gekom het of u bedrieg het. Ontvang die vergifnis van die Here en dank Hom dat Hy u toerus met sy Heilige Gees. Vra die Here om die sondes van ons volk en gemeenskap te vergewe. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het.” Neh 1:6