BESTUURDERS VAN SWAAR VRAGMOTORS

Deur : Skriba  /  July 24th, 2013

Die groot vragmotors loop oral, dalk irriteer hulle jou op die pad, dalk hou hulle jou op, jy mis dalk ‘n afspraak omdat daar ‘n groot “lorrie” voor jou was, hoe dit ookal sy, in elkeen is daar ‘n bestuurder (mens).  Hulle ry lang distansies vir ure aanmekaar, baie van hulle bid dalk:  “Here, gee my ‘n ander werk asb.”  Bid vir hulle, in jou stiltetyd, terwyl jy hulle op die pad ontmoet, tydig en ontydig, want hulle het dit nodig.  (Here) “of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.  Ps 139:3

In die Nuus