Bid vir Libië

Deur : Skriba  /  May 19th, 2015

Twee seuntjies stry en raak handgemeen, die een hardloop na sy Pa, die kom uit met ’n geweer en skiet sy buurman dood. Die familie en vriende van die vermoorde kom skiet die moordenaar en brand sy besittings uit. ’n Samelewing vol frustrasie, angs, sonder die versoenende ge -nade van Jesus, weet niks van naasteliefde, vergifnis of selfbeheersing nie. Kom ons bid vir ’n gees van verdraagsaamheid, sagmoedigheid en respek vir mekaar in hierdie verskeurde land. “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor en op die dag van redding het Ek jou gehelp”  2 Kor: 2 en ook Jes 49:8.

In die Nuus