CHRISTENE “WAAR GELOOF DIE MEESTE KOS”

Deur : Skriba  /  March 14th, 2013

Terwyl ons vrylik ons geloof kan leef, is daar Christene wat ernstig vervolg word net omdat hulle die Waarheid soek.  Hulle vra dat ons sal bid dat hulle sterk sal staan in vervolging, dat hulle die krag van die Heilige Gees sal ervaar en getrou sal bly aan hul Verlosser en Saligmaker Jesus Christus.  “ ……. want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin.  En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin, as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is.”  1 Joh 5:4 & 5

In die Nuus