CHRISTENSKAP KWYN IN BRITTANJE
Deur : Skriba / August 27th, 2013
Opnames toon dat “Christenskap” in die 10 jaar vanaf 2001 tot 2011, van 71% tot 59,3% in Brittanje gedaal het. Verskeie faktore het ‘n invloed op die situasie dog die grondlyn is dat die gemeenskap in Brittanje wegbeweeg van Christenskap na die rigting van “ongeloof”. Kom ons neem kennis van hierdie kommerwekkende verskynsel en bid dat God deur die werking van sy Gees dit sal omdraai. “Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het