DAMASKUS IN SIRIë

Deur : Skriba  /  July 29th, 2013

Moslems is in die maand Ramadaan van 9 Julie tot 8 Augustus en vas en bid aanhoudend tot hul god Alah.  Ons fokus ons gebed op Sirië en spesifiek  Damaskus.  Ons lees in Hand 9 van Saulus oppad na Damaskus en uiteindelik preek hy daar in die sinagoges.  Baie kom tot bekering en wy hulle aan Jesus Christus – hy word vervolg en moes in die nag ontsnap.  Vandag lees ons Damaskus is die oudste bewoonde stad ter wêreld en het deur verskriklike oorloë baie gely.  Gelowiges word vandag nog vervolg en doodgemaak.  Onlangs het ‘n pastoor in Damaskus geweier om sy gemeente te verlaat, want hy het gesien hoe soek Moslems (mans en vroue) die Here wanneer hulle sy dienste bywoon.  Te midde van die vyandige omstandighede groei die kerk van Christus in Damaskus – prys die Here!!  Ons bid vir vrede, geloofsvryheid en regverdige heersers in Sirië.  Bid vir die beskerming van Christene wat verkies om in Sirië te bly en dat hulle kragtig deur die Heilige Gees gebruik sal word om te getuig van God se liefde.  Bid vir die redding van lede van die regering en veral leiers van Islamitiese drukgroepe. 

Matt 25:40  “ …….. wat jy ookal aan een van die minste van hierdie, my broeders gedoen het, het jy dit aan My gedoen.”  God is waarlik besig om wonders in die land en veral in Damaskus te doen!!

In die Nuus