Die Kerk van Christus

Deur : Skriba  /  March 10th, 2015

Prof. Nico Koopman sê dat die Kerk van Christus steeds as rigtinggewer in die Suid-Afrikaanse samelewing beskou word – daarom moet ons onophoudelik vir die Kerk bid. Ons staan verstom oor hoe mense in die leierskap van ons land, met mekaar omgaan en kan dit nie versoen met ’n volk waarvan, volgens die jongste sensus, 80% as Christelik aangedui word nie. Bid dat die Heilige Gees vaardig sal word in ons doen en late, dat liefde vir mekaar sal oorheers en dat die God van die hemel ge-eer sal word. “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink nie en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit sien kom!” Jes 43:18 + 19.

 

In die Nuus