DIE SUID AFRIKAANSE REGERING

Deur : Skriba  /  December 3rd, 2014

Here, ons God, in ons land ondervind ons ongekende woelinge op politieke gebied en nou ook in ons kerk. Mense sukkel om die sin agter alles te vind. Ons bid dat U aan die president wysheid sal gee om regverdig te regeer, rus die lede van sy kabinet toe om opreg en eerlik die volkshuishouding te bestuur. Here ons bid vir gelowiges wat as besluitnemers in die regering funksioneer dat hulle in afhanklikheid van U sal optree en die gesindheid van Jesus sal demonstreer.

“ ……want die owerheid is ʼn dienaar van God tot jou beswil” Rom13:4

In die Nuus