Dis Nuwejaar – Heilig is die Here!
Deur : Skriba / December 28th, 2014
By die aanvang van die nuwe jaar klink die woord in Openbaring 4 in ons ore: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom”. Merk die lofgebed van die 24 ouderlinge in Openb 4:11 en laat dit u gebed wees reg deur die jaar: “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”