DRIES VOLSCHENK: MADAGASKAR
Deur : Skriba / May 22nd, 2014
Dries bedank die gemeente vir die fondse wat hulle ontvang het uit die geloofsoffers en is steeds aangevuur om die evangelie deur kinderklubs en ander wyses uit te dra. Dit is moeilike omstandighede waaronder hulle werk en ons bid hulle toe die krag van die Heilige Gees, die ywer om te volhard en die geloof om te “sien” wat God se plan vir Madagaskar is. “Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef.” Hosea 6:2