ELSA
Deur : Skriba / March 18th, 2013
Dit is nou reeds ‘n maand wat sy aangehou word en nie weet wat die aanklag sal wees nie. Sy is alleen, maar onder omstandighede tog veilig. Kom ons bid dat die Here haar sal koester in sy liefde, dat sy die teenwoordigheid van die Here bewustelik sal ervaar en bid ook dat sy gesond sal bly. Vra dat die Here haar gebede sal verhoor. Hebr 3:14 “Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.”