GEBEDSBULLETIN

Deur : Skriba  /  March 3rd, 2017

 

“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.  Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”  Ef. 6:18

Sondag:  Verootmoediging – In Lydenstyd word daar weer opnuut gefokus op verdieping, verootmoediging en dankbaarheid.  Kom ons vra die Here in afhanklikheid dat Hy ons sal help om op ‘n besondere manier hieraan aandag te gee en en dit uit te leef.

 

Maandag:  Bid teen ‘n gees van vreesagtigheid.  Dis ‘n kragtige getuienis as die woorde wat ons sê en die manier waarop ons lewe daarop dui dat ons glo dat God in beheer is.

 

Dinsdag: G-voucher projek en haweloses – hierdie is weer ‘n voorbeeld van geloof in aksie.  Dis ‘n komplekse, maatskaplike uitdaging.  Bid vir wysheid, onderskeidingsvermoë asook finansiële ondersteuning van die gemeenskap.

 

Woensdag:  Ons gemeente hou oudergewoonte ‘n Bybelstap om die perdeskoen vir Bybelsverspreiding.  Hierdie organisasie word al baie jare deur gelowiges se gebede en donasies gedra. Ons kan dankie sê vir baie jare se geseënde projekte en ook vra vir verdere vrug op hulle werk.

 

Donderdag:  Amos en Edmund O’Ehley      Ons is bevoorreg dat Edmund al vir baie jare betrokke is by die plaaswerkers.  Daar is wonderlike getuienisse waar die Here hom baie kragtig gebruik het en mense hulle lewens radikaal verander het. Ons moet getrou bly in ons voorbidding vir hierdie bediening en  waar die gesin nou moet uitkyk vir nuwe huisvesting, vra ons ook dat die Here daarin sal voorsien.

 

Vrydag:  Geestelike leiers  Ons bid vir heilige oomblikke saam met die Here – in stilte en afsondering sodat hulle toegerus kan word deur die  Heilige Gees.

 

Saterdag:  Lofprysing – Ons moet doelbewus kies om selfs in donker en moeilike tye die Here te loof.  Dan sal ons ook ervaar dat ons met krag toegerus word. Kom ons sê vir die Here dankie selfs vir die uitdagings in ons lewe, want dis ‘n getuienis van ons vertroue in Hom.

In die Nuus