Deur : Skriba / June 9th, 2017
“Lev. 11:44 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig”. Here, help ons asseblief om heilig voor U te leef.
Sondag: Verootmoediging: Lev. 10:19 “Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom.” Here, wek in ons harte `n liefde vir U huis en vir die samekoms van gelowiges.
Maandag: Bejaardes: Bid vir ons bejaardes wat dikwels alleen en eensaam word. Jes. 46:4 “Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra.”
Dinsdag: Reën: Terwyl ons dankie sê vir reën wat reeds geval het, pleit ons by God vir nog milde reën. Jes. 21:12 “As julle weer wil kom vra, kom vra gerus, julle kan elke keer weer kom vra.”
Woensdag: Huwelike: Here, seën elke huwelik in ons dorp en land sodat ons kinders in rustige, veilige huise kan opgroei. Ef 5:31 Daar staan in die skrif: “Daarom sal `n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.”
Donderdag: Dankoffers: God seën ons so mildelik. Kom ons vra dat Hy ons sal lei in die gee van ons offers. 2 Kor 9:11 “Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”
Vrydag: Geestelike Leiers: Ons geestelike leiers is 24/7 aan diens en dra dikwels swaar aan ander se laste. Vra dat die Here hulle altyd met sy liefde sal omring. 2 Kor 12:9 “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”
Saterdag: Lofprysing: Lofprysing: Ps 50:14; 23 “Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Die mens wat My eer, is die een wat lof as `n offer bring.”
KOM ONS BID VIR:
SIEKELYS: Michelle Munnik (Hertzog), Lourens Viljoen (Laer Uitsig), Edmund O’Ehley (Patatskloof), Tinnie Broodryk (Wyk 1), Henk Groenewald (wyk 10), Santa Marais (wyk O B&D) , Marina Neethling (Les Hug A), Helmien vd Merwe (Blouvlei), Dawid Lombard (Wyk 32), Mariana Geldenhuys(wyk 12), Etrecia Mostert (01 Noord)