GEBEDSBULLETIN
Deur : Skriba / March 4th, 2016
Vrydag: Geestelike leiers: Die roeping van ons geestelike leiers is om in die woorde van Matt. 11:17 ‘die musiek te speel sodat kinders van die Here op die markplein van die lewe kan dans’. Ons bid dat die Here hulle so sal toerus dat hulle die woord relevant en in waarheid sal bring soos die Here dit self aan hulle gee. “…en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak”. Matt. 11:27