GEESTELIKE LEIERS
Deur : Skriba / October 12th, 2012
Ons vertrou dat u reeds die gewoonte ontwikkel het om gereeld vir ons geestelike leiers te bid. Die werk wat hulle doen kan alleenlik stand hou indien dit in afhanklikheid en onder leiding van die Heilike Gees geskied. “want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie.” Hand 5:38 & 39