GEESTELIKE LEIERS
Deur : Skriba / March 22nd, 2013
Wanneer ons die verslae lees oor die godsdiensgesprek by die Woordfees besef ons dat ons geestelike leiers maar net in afhanklikheid van die Almagtige God hul roeping kan uitleef. Kom ons bid hulle toe die duidelike leiding van die Heilige Gees. “Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en dit was vir my bitter moeilik, totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die einde van die godlose is.” Ps 73:16 & 17