GEESTELIKE LEIERS

Deur : Skriba  /  May 3rd, 2013

U word vriendelik versoek om gereeld en opreg by die Here in te tree vir die geestelike leiers wat Hy, die Here, in die gemeente geplaas het. Kom in die gewoonte om Hom gereeld te dank en te vra dat Hy hulle, die geestelike leiers, in die waarheid sal lei. Ons bid: Here gee hulle die gesindheid, die waarde en die liefde om onder alle omstandighede te weet wat U wil is. Gee dat hulle getrou sal wees in die roeping wat U op hulle geplaas het. “In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.” 2 Kron 26:5

In die Nuus