GEMEENTEFEES

Deur : Skriba  /  October 3rd, 2012

Ons bid:  Here, ons God, ons innige gebed is dat U dit vir ons moontlik maak om ‘n Gemeentefees tot eer van U naam te hou.  Seën die dag met gunstige omstandighede en seën asb ook die produkte op die tafels.  Vuur ons aan deur u teenwoordigheid en laat dit mense met blydskap feesvier tot eer van u Naam.  “Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo alles verhewe.Van U kom rykdom en eer.  U heers oor alles.  Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak.”  1 Kron 29:11 & 12

In die Nuus