GEMEENTEFEES

Deur : Skriba  /  October 4th, 2011

Dit is die maand van ons Gemeentefees – kom ons bid vir ‘n ywerige gees van samewerking en blymoedigheid.  Dit is vir ons belangrik dat die geleentheid ‘n fees sal wees waarin ons dankbaarheid sal betoon vir God se goedheid.  Dank en loof die Here vir ons gemeente, vir die voorreg om Hom ongehinderd te dien en vir sy Woord waarin ons glo.  “Aan die Here kom die lof toe, die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom vertrou ek.  Hy het my gehelp, daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.”  Ps 28:6&7

In die Nuus