ISRAEL / PALESTINA

Deur : Skriba  /  September 2nd, 2014

Daar gaan nie ‘n dag om dat hierdie konflik nie deel is van die daaglikse hoofberigte nie.  Talle onskuldige mense sterf, talle wooneenhede word vernietig terwyl die trauma en lyding van inwoners aan beide kante eskaleer.  Bid tot die Here van die hemel dat daar ‘n hartsverandering by leiers beide kante van die konflik sal kom, dat besluitnemers moeg sal raak van die stryd, dat die Here rus en vrede na die geteisterde gebied sal bring.  “Die Here die God van hul voor-vaders het voortdurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middel van sy boodskappers, want Hy was begaan oor sy volk ….”  2 Kron 36:15

In die Nuus