KOMMISSIE VIR GETUIENISAKSIE

Deur : Skriba  /  February 11th, 2013

U het ook inligting ontvang oor die werk van die KGA, ‘n gesamentlike aksie van die VGK en NGK.  Bid asb vir die KGA se bestuur, kantoor- en buitepersoneel dat hul ‘n helder visie sal hê oor getuienis in die wêreld, dat hulle met geestelike krag en moed gevul sal wees, bid vir hulle ‘n suiwer onderskeidingsvermoë toe en dat die saad wat hulle saai vrugbaar sal groei deur die werking van die Heilige Gees.  “Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.  Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking, volhard in gebed.”  Rom 12:11 & 12

In die Nuus