LEIERSKAP IN DIE REGERING

Deur : Skriba  /  February 12th, 2013

Die nuuskommentator sê:  “U sal saamstem dat goeie, konstruktiewe leierskap in die regering ontbreek?”  – ‘n verskriklike situasie vir ‘n land!  Dit is net die Here wat hier ‘n ommekeer kan bring.  Goeie, effektiewe leierskap bring ‘n rustigheid, ‘n bedaardheid onder mense – Paulus sê so aan die jong Timotheus:  “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”   1 Tim 2: 1 & 2

In die Nuus