LIBANON: HOU LAND UIT OORLOG
Deur : Skriba / February 6th, 2014
Politici in Libanon probeer hul bes om hul land uit die oorlog, wat in Sirië woed, te hou. Talle vlugtelinge van oorloggeteisterde buurlande kom soek hier vrede. Bid dat hierdie mense sal besef dat daar ‘n lewende God is wat deur sy Seun ware vrede kan gee. Bid vir die geestelike bediening van hierdie smekende vlugtelinge. “Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered! Jes 25:9